Skip to content

Hlengwa vra logistieke sektor om gemarginaliseerde gemeenskappe te bemagtig

# Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, het die logistieke sektor versoek om transformasie te dryf en gemarginaliseerde gemeenskappe op te hef. Hlengwa het tydens die Oorgrens Padvervoeragentskap se eerste konferensie van Mikro-, Klein- en Mediumondernemings in Gqeberha gesê daar is ‘n afname in vervoerondernemings in swart besit vanaf 48,6-persent in 2019 tot 38,8-persent in 2022. Hlengwa het meer openbare-privaat vennootskappe aangemoedig en verwys na die agentskap se nuwe inkubasie-program om vroue, die jeug en mense met gestremdhede te ondersteun. Hlengwa het jong Suid-Afrikaners aangemoedig om geleenthede in die vervoer- en logistieke bedryf aan te gryp.