Skip to content

Hilton College in KZN samel meer as R8-miljoen in vir plaaslike liefdadigheidsorganisasies

# Hilton College in KwaZulu-Natal het meer as agt-miljoen-rand ingesamel as deel van die skool se Giving Day-geleentheid. Die aanvanklike teiken was vyf-miljoen-rand. Vanjaar se tema was Legacy in Action. Die fondse sal veldtogte ondersteun soos die Lift Up Your Hearts-beursfonds, die Vula-gemeenskapvennootskapsfonds en die Umngeni Estate-fonds vir bewaringspogings. Die skool sê die prestasie sou onmoontlik wees sonder die vrygewigheid van mense reg oor die land.