Skip to content

Viola Davis opgeneem in 2025 TV-heldesaal

# Die Hollywood-aktrise Viola Davis en die komediant Conan O’Brien is onder die ses mense wat in Augustus opgeneem word in die Televisie-akademie se 27ste heldesaal. Dit vereer mense wat oor hul leeftyd of met ʼn enkele prestasie ʼn besondere bydrae gelewer het tot die kunste, wetenskap of televisiebestuur. Die ander vier is die vervaardiger Ryan Murphy, die Emmy-bekroonde akteur Henry Winkler, die legendariese komponis Mike Post en die ontslape regisseur Don Mischer.