Skip to content

Pick n Pay ‘Voed die Nasie’-projek bring noodsaaklike verligting aan kwesbare gemeenskappe

# Pick n Pay se ‘Voed die Nasie’-projek wat tydens die 2020 Covid-19-pandemie ontstaan het, het die afgelope vyf jaar meer as 215-miljoen-rand se kos uitgedeel, met meer as 45-miljoen maaltye aan individue en gesinne in die land. Die projek het gefokus op huishoudings met ʼn kind aan die hoof en het landwyd meer as 600 skole bygestaan. Pick n Pay se uitvoerende hoof, Sean Summers, sê met behulp van personeel, verskaffers, vennote en klante kon hulle noodsaaklike verligting aan gemeenskappe lewer.