Skip to content

Rugby: Rassie kry geselskap vir sy gedwonge Saterdagaand op die rusbank

# Rugby: Rassie Erasmus mag nou wel nie by die wedstryd betrokke wees nie, maar hy sal moontlik die grootste groep ondersteuners ooit hê wat saam met hom op sy rusbank voor die TV sit! Die Springbok-afrigter het ‘n webwerf geskep wat volwasse ondersteuners nooi om aanlyn by hom aan te sluit terwyl hy Saterdag se toetswedstryd teen Ierland kyk. Aanhangers kyk na die wedstryd op hul eie televisies, terwyl Rassie op kamera verskyn, sy reaksies deel en geselekteerde boodskappe voorlees. Hy het selfs ‘n liedjie verskaf om die ondersteuners mee te vermaak. Hy het beklemtoon die webwerf is ‘n persoonlike inisiatief en nie ‘n amptelike Springbok-geleentheid nie.