Skip to content

HEALA stel veldtog bekend om verpligte waarskuwingsetikette op kos te bevorder

# Die Healthy Living Alliance het met ʼn reeks promosietoere in Atteridgeville, Pretoria, begin om verpligte waarskuwingsetikette op voedselprodukte te eis. Kommunikasiebestuurder Zukiswa Zimela sê hulle wil druk op die regering plaas om voor op produkte ʼn waarskuwing te plaas dat dit baie sout, suiker of versadigde vette bevat. Die veldtog samel onder meer handtekeninge in om die proses te versnel. Zimela sê hulle maan die Gesondheidsdepartement om langverwagte regulasies af te handel sodat verbruikers, veral kinders, teen misleidende voedselbemarking beskerm kan word.