Skip to content

HCLTech se skenking van R1,2-miljoen bemagtig studente van Noordwes Universiteit om te slaag

# ‘n Wêreldleier in tegnologie, HCL Technologies, sê hy is trots op sy groeiende vennootskap met die Noordwes Universiteit waardeur hy toegang en geleenthede vir gestremde studente bied. HCLTech het sedert verlede jaar ‘n miljoen-rand toegeken vir beurse en ‘n bykomende 250-duisend-rand vir hulpmiddels en opgradering van sagteware vir die Eenheid vir Regte vir Gestremdes. Dit bring die somtotaal op 1,25-miljoen-rand te staan. HCLTech sê sy visie is meer as net beurse. Dis ook om geleenthede vir werkverskaffing te skep en in die lang termyn te bemagtig.