Skip to content

Harvard-regslui vra ook dat olifante in Johannesburgse Dieretuin vrygelaat word

# ʼn Mylpaalsaak om olifante uit die Johannesburgse Dieretuin te bevry, het internasionale ondersteuning gekry. Die saak is gegrond op die veronderstelling dat die diere se aanhouding die Grondwet oortree, in besonder wat omgewingsregte betref. Regslui aan die Harvard-regsfakulteit in Amerika het as vriende van die hof by die saak aangesluit. Hulle stem saam dat die inperking van die drie olifante, Lammie, Mopane en Ramadiba, hulle geestelike, emosionele en fisiese welstand aantas. Die dieretuin sê die diere ontvang voldoende sorg en aandag.