Skip to content

Gruwelfliek Weapons boaan trefferlys op eerste naweek

New Line se gruwelfliek, Weapons, het die naweek kritici en gehore betower en in sy eerste naweek boaan die trefferlys verskyn by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek met Julia Garner en Josh Brolin in die hoofrolle gaan oor ʼn groep vermiste kinders. Disney se Freakier Friday met Lindsay Lohan en Jamie Lee Curtis het sy debuut op nommer twee gemaak. Disney en Marvel se superheld-film, The Fantastic Four: First Steps, is derde. Universal en DreamWorks Animation se The Bad Guys 2 en Paramount se The Naked Gun voltooi die topvyf.