# Warner Brothers en New Line se The Conjuring: Last Rites was in sy openingsnaweek bo aan die die Noord-Amerikaanse lokettreffers. Die twee sterre, Patrick Wilson en Vera Farmiga as Ed en Lorraine Warren, is in die rol van twee ondersoekers wat probeer om ‘n demoon uit ‘n gesin se huis uit te dryf. Disney se hervrystelling van die verhoogmusiekblyspel Hamilton is tweede op die trefferlys, met die hervrystelling van Steven Spielberg se Jaws in die derde plek. Warner Brothers en New Line se Weapons en Disney se Freakier Friday, in hulle vyfde week, het bestendig in die vierde en vyfde plek gebly.
Gruwelfliek The Conjuring: Last Rites bo aan die lokettrefferlys