# Die Groote Schuur-hopsitaaltrust het ‘n noodoperasieprojek van stapel gestuur om hulpbronne te versterk en traumabehandeling te verbeter. Die trust wil 70 noodteaterbesprekings oor naweke en openbare vakansiedae byvoeg om verhoogde traumagevalle te bestuur. Indien dit slaag, sal sowat 200 bykomende operasies uitgevoer kan word. Die trust het reeds meer as 300-duisend-rand deur skenkings ingesamel om die eerste drie maande van die projek te befonds. ‘n Bykomende 1,86-miljoen-rand word benodig om projek na Junie te kan volhou.
Groote Schuur-hospitaal stuur noodoperasieprojek van stapel om meer lewens te red