Skip to content

Greenpeace Africa onthul lugbesoedeling het die dood van 42-duisend Suid-Afrikaners in 2023 veroorsaak

# ‘n Nuwe verslag van Greenpeace Africa onthul dat lugbesoedeling die dood van 42-duisend Suid-Afrikaners in 2023 veroorsaak het, insluitend meer as een-duisend-300 kinders jonger as vyf. Volgens Cynthia Moyo van Greenpeace kos fyn partikelbesoedeling, meestal van steenkoolnywerhede, die land meer as 960-miljard-rand. Die gebiede wat die ergste geraak word, is Gauteng, Mpumalanga en die Hoëveld. Greenpeace eis dringende aandag aan die saak, die strenger toepassing van luggehalte-wetgewing en ‘n oorgang na hernubare energiebronne. Moyo doen ook ‘n beroep op besoedelaars om aanspreeklikheid te aanvaar want skoon lug is ‘n reg, nie ‘n voorreg nie.