Skip to content

Gratis opwip-klereprojek vir haweloses keer terug

# Die gratis opwip-klereprojek vir haweloses, Street Store, keer dié maand terug. Die organiseerders vra die publiek om gebruikte klere te skenk wat hulle by die Up&Up Group se kampusse in Kaapstad en Gauteng kan afgee. Die winkels sal op 12 April in Groenpunt en Braamfontein open. Die projek is meer as tien jaar gelede begin en het ‘n wêreldwye beweging geword met meer as een-duisend-100 winkels. Die Street Store wil waardigheid aan hawelose mense verleen.