# Die GOOD-party het die Spesiale Ondersoekeenheid se klopjag op die sakeman Hangwani Maumela se herehuis in Sandton beskryf as ‘n stap in die rigting van geregtigheid. Daar is beslag gelê op drie luukse motors, kunswerke en ontwerpersmeubels. Maumela word betrek by drie sindikate wat 820-miljoen-rand se bedrieglike kontrakte met die Tembisa-hospitaal beplan het. Sekretaris-generaal Brett Herron sê die wiele van geregtigheid draai wel stadig, maar darem, en vra dat alle betrokkenes vervolg word. Hy sê die vermoorde verklikker Babita Deokaran se opoffering moet geëer en openbare vertroue herstel word.
Good-party verwelkom SOE-klopjag op tenderpreneur Maumela se herehuis in Sandton