# Die Verenigde Koninkryk se grootste fees, die Glastonbury-fees, het sy kunstenaars vir vanjaar bekendgemaak. Die Britse pop-rock-groep The 1975, Neil Young en Olivia Rodrigo is die hoofkunstenaars op die Pyramid-verhoog. Rod Stewart en Faces se kitaarspeler, Ronnie Wood, is op die Sondag-legendes-program. Ander bekendes sluit in die Brat-ster, Charli XCX, wat die hoofkunstenaar op die Other Stage-verhoog is, terwyl die opkomende kletsrymer, Doechii, mense op die West Holts-verhoog sal vermaak. Die fees op Worthy Farm in Somerset duur van 25 tot 29 Junie.
Glastonbury-fees se kunstenaars sluit The 1975 en Olivia Rodrigo in