# Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika, Giwusa, sê die Europese Unie se stap om buitensporige tariewe op staal- en ysterinvoere te hef, sal ‘n verpletterende slag vir Suid-Afrika se staalvervaardigingsbedryf wees. Die Europese Kommissie het 50-persent tariewe op alle staalinvoere voorgestel in ‘n poging om sy plaaslike staalsektor te beskerm. Die EU is Suid-Afrika se tweede grootste staaluitvoerbestemming, met ‘n waarde van 20,3-miljard-rand verlede jaar. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê die regering moet vinnig optree om die plaaslike mark te beskerm:
GIWUSA bekommerd oor EU se voorgestelde 50% tariefverhogings op SA staaluitvoere [KLANK]
ENG SebeionEuropean