# Die Operageselskap van die Universiteit van Kaapstad en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes bied vanaand ‘n uitvoering van die Italiaanse komponis Giuseppi Verdi se opera, Il Trovatore, aan saam met die kragtige stemme van die AfriArts-koor. Dis die eerste keer in 20 jaar dat Il Trovatore in Kaapstad uitgevoer word. Dit is ‘n boeiende verhaal van liefde, trou en wraak wat afspeel teen die agtergrond van die Spaanse burgerloorlog in die 15de eeu. Die konsert vind in die Kaapstadse stadsaal plaas.
Giuseppe Verdi se opera Il Trovatore word die eerste keer in 20 jaar in Kaapstad opgevoer