Skip to content

Gewilde Chuckles-sjokolade se vervaardiger Beyers in likwidasie

# Die vervaardiger van die uiters gewilde Chuckles-sjokolade-moutballetjies, Beyers Chocolate, is in likwidasie geplaas na ‘n twis met Woolworths wat ‘n einde gebring het aan ‘n sakeverhouding van meer as 30 jaar. Dit het ontstaan toe Beyers ‘n tweede fabriek bekom het om sjokolade aan winkels soos Checkers en Pick n Pay te lewer. Woolworths het dit as ‘n vertrouensbreuk bestempel en sy bestellings besnoei, wat Beyers se inkomste met sowat 200-miljoen-rand laat daal het. Beyers sê hy is bereid om weer met moontlike kopers te skakel onder geskikte voorwaardes.