Skip to content

Gesondheidsdepartement monitor vier mense in Wes-Kaap wat verbind word met hantavirus-uitbreking

# Die Departement van Gesondheid sê hy monitor vier kontakgevalle in die Wes-Kaap wat verbind word met die hantavirus-uitbreking aan boord van die passasierskip MV Hondius in die Atlantiese Oseaan. Sowat 150 passasiers en bemanning van 28 lande was aanvanklik aan boord, maar verskeie het verlede maand op die eiland St Helena afgeklim. Drie mense is dood, insluitend ‘n 69-jarige Hollandse vrou wat die virus opgedoen het. Woordvoerder, Foster Mohale, het aan News24 gesê een van die vier mense het simptome getoon, insluitend koors en ‘n seer keel.