# Die Stad Kaapstad sê 104 geleenthede wat in Augustus aangebied is, het ekonomiese aktiwiteite van sowat 200-miljoen-rand vir die metro ingebring. Dit sluit in rugby, rolprente en leefstylfeeste wat sowat 250-duisend mense, insluitend toeskouers en deelnemers, getrek het. Die Rugbykampioenskap-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Augustus het die grootste skare getrek met 62-duisend ondersteuners in die Kaapstad Stadion. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle maak al reeds reg om in September nog besiger te wees.
Geleenthede in Augustus bring sowat R200-miljoen in vir Kaapstad