# Geld wat burgers wat in die buiteland woon en werk Afrika toe stuur, word ‘n belangrike befondsingsbron op die vasteland. Afrika het verlede jaar sowat 124,2-miljard-dollar in oorplasings ontvang, wat groter is as buitelandse hulp en beleggings. Die hoof van PayInc se span vir onmiddellike betalingstransaksies, Meera Sunker, sê mobiele geldoperateurs en meer bekostigbare oorgrensbetalings kan verdere ekonomiese geleenthede ontsluit. Sy sê die algemene vermindering van koste kan finansiële insluiting en belegging in Afrika bevorder:
Geld wat huis toe gestuur word, kan Afrika se finansiële insluiting en ekonomiese groei ’n hupstoot gee [KLANK]
ENG-SunkerOnPayments