# Die wen-ontwerp vir ‘n nasionale gedenkteken vir koningin Elizabeth gaan ‘n brug bevat met ‘n balustrade van glas, nuwe hekke en ‘n gedenktuin. Lord Norman Foster se ontwerpspan is aangewys as wenner van die kompetisie vir ‘n gedenkteken vir Brittanje se langsdienende monarg wat in St Jamespark in sentraal-Londen opgerig gaan word. Die deursigtige brug gaan lyk soos die tiara wat die ontslape koningin op haar troudag gedra het. Haar man, prins Philip, word ook ingesluit, asook ‘n tradisionele groot standbeeld van Elizabeth wat oor die Mall uitkyk.
Gedenkteken vir koningin Elizabeth bevat ‘n brug wat soos haar tiara lyk