# Twee-en-veertig fietsryers gaan van 2 tot 6 Maart 500 kilometer van Oos-Londen na Kaapstad aflê. Die tog is gemik op die insameling van sowat 400-duisend-rand vir die Eyabantwana-kindertrust. Die fonds help met noodsaaklike toerusting vir pediatriese sorg in die Oos-Kaap. Daar is tot dusver 262-duisend-rand ingesamel. Die jaarlikse fietsrit het ten doel om die gehalte van kindergesondheidsorg te verbeter.
Gedenkrit wil R400 000 vir operasietoerusting insamel