# Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het die mees ontevrede Suid-Afrikaanse verbruikers, wat verantwoordelik is vir 78-persent van alle klagtes wat by die Ombud vir Verbruikersgoedere en -dienste ingedien word. Die ombud het tussen 1 Maart 2025 en 28 Februarie 2026 15-duisend klagtes ontvang, ‘n toename van 25,8-persent vanaf die 12-duisend-207 klagtes wat in die vorige boekjaar aangeteken is. Volgens die verslag was die grootste klagtes oor stukkende goedere, kansellasies en afleweringsprobleme. Die ombud se uitvoerende hoof, Queen Munyai, sê verskaffersamewerking bly een van die grootste hindernisse vir die oplos van geskille.
Gauteng, Wes-Kaap en KZN het meeste ontevrede verbruikers