Skip to content

G20-antikorrupsie-werkgroep sal bevordering van etiese bestuur bespreek

# Afgevaardigdes van G20-lidlande het by Skukuza in die Krugerwildtuin byeengekom om te vergader oor die G20-anti-korrupsie-werkgroep. Die besprekings sal fokus op die versterking van deursigtigheid, die beskerming van fluitjieblasers en die bevordering van etiese bestuur. Die waarnemende direkteur-generaal van die Staatsdiens, Willie Vukela, sê tydens die vergadering sal planne bespreek word oor aanspreeklikheid in die staatsdiens en internasionale samewerking om bates wat met korrupsie verband hou, terug te kry. Die finale ministeriële verklaring word later vandeesweek verwag.