Skip to content

Franse owerhede beslis man mag R14-miljoen se goudvonds uit sy tuin hou

#  ‘n Man wat goudstawe en -muntstukke ter waarde van ongeveer 14-miljoen-rand ontdek het terwyl hy ‘n gat vir swembad in sy tuin in Frankryk gegrawe het, het gehoor hy kan dit hou. Die naamlose man het die goud in Mei by sy huis in ‘n dorpie buite Lyon gevind en dit by die Streeksdirektoraat vir Kultuursake aangemeld. ‘n Woordvoerder van die plaaslike owerheid sê amptenare by die direktoraat het beslis hy mag dit hou, aangesien dit nie ‘n argeologiese skat is nie.