# Die Bellville Handelsmisdaadhof in die Wes-Kaap het die hoof van Platinum Forex, Colin Davids, sy maatskappy, asook sy bemarkingsbestuurder, Derek Bredenkamp, skuldig gevind van bedrog en geldwassery. Hulle het onwettig 329- miljoen-rand aan openbare fondse gewerf vir buitelandse valuta-handel, 87,5-miljoen-rand verloor, en opbrengste met nuwe deposito’s betaal. Die hof het bevind hulle het nie die nodige bedryfslisensies gehad nie. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê vonnisoplegging hervat môre: