Skip to content

Ford Suid-Afrika wil meer as 470 werkers aflê in Pretoria en Gqeberha

# Die vakbond Solidariteit sê Ford Suid-Afrika het ’n amptelike kennisgewing aan die vakbond gestuur oor sy voorneme om meer as 470 werknemers af te lê. Volgens die kennisgewing volg die werksverliese op ’n “herbelyning” van Ford se produksievermoë wat met die huidige en verwagte markvraag moet ooreenstem. Die plan is om 391 operateursposte in die Silverton-voertuigfabriek in Pretoria, 73 by Struandale-enjinfabriek in Gqeberha en 10 administratiewe poste te verminder. Solidariteit sê hy sien dié aankondiging as die begin van moontlike groter werksverliese wat die hele motorbedryf in die gesig staar.