# Die Ford motorvervaardiger in Suider-Afrika het meer as vyf-duisend Ford Ranger-voertuie oor remprobleme herroep. Die 2025 en 2026 modelle kan ‘n verlies van pedaaldruk ondervind as gevolg van ‘n fout in die remversterkersagteware, wat die moontlikheid van botsings verhoog. Die herroeping raak ook voertuie in Botswana, Namibië en Eswatini. Die maatskappy moedig kliënte aan om handelaars te besoek vir gratis herstelwerk. Dit volg na verkeie ander herroepings hierdie jaar, insluitende Mustangs en Transit Custom-modelle.