Skip to content

FNB waarsku inflasierisiko’s bestaan steeds ondanks laer olie pryse

# FNB sê inflasierisiko’s bestaan steeds ondanks onlangse dalings in oliepryse, aangesien voortdurende geopolitieke spanning in die Midde-Ooste steeds brandstof- en energiekoste kan opstoot. Die bank verwag inflasie sal hierdie maand effens daal, maar waarsku die onsekerheid is steeds hoog. Die FNB-ekonoom, Ame Muller, verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die terugkoopkoers met nog 25 basispunte verhoog tydens hierdie week se Monetêre Beleidskomitee-vergadering.