# FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê vleis het die grootste invloed op voedselinflasie gehad nadat dit tot ‘n 25-maande hoogtepunt van 6,6-persent teenoor verlede jaar gestyg het, en ‘n 2,2-persent verhoging op ‘n maand-tot-maand basis. Hy sê bek-en-klouseer het ‘n ernstige tekort veroorsaak omdat vee, hoofsaaklik beeste, nie geslag kon word nie, terwyl die vroeëre verbod op hoender-invoere uit Brasilië weens voëlgriep, paniek in die mark veroorsaak het. Makube sê die aanbodbeperkings wat deur die siektes veroorsaak is, het die styging gedurende die laaste drie maande aangevuur.
FNB landbou-ekonoom sê bek-en-klouseer en verbod op Brasiliaanse hoenderinvoere steun styging in vleispryse