# Die Fitch-graderingsagentskap het Suid-Afrika se langtermyngradering vir wanbetaling van BB-minus na BB opgradeer, met ‘n stabiele vooruitskouing. Hy sê die aanpassing weerspieël basies Suid-Afrika se rekord van omsigtige fiskale bestuur en vordering met fiskale konsolidasie, ondanks swak ekonomiese groei en binnelandse sowel as eksterne skokke. Fitch sê saam met bruto binnelandse produkhersienings laat dit skuld en die buto binnelandse produk laer as die verwagte vlakke toe die land in 2020 na BB-minus afgegradeer is. Hy sê Suid-Afrika het die afgelope vier jaar fiskale primêre surplusse van gemiddeld een-persent van die BBP bereik.
Fitch-graderingsagentskap verhoog Suid-Afrika na BB, vooruitskouing stabiel