Skip to content

Finland steeds wêreld se gelukkigste nasie

# Finland is vir die agtste agtereenvolgende jaar, bo aan die Wêreld Gelukkigheidsverslag. Vanjaar se verslag beoordeel 147 lande oor hulle vlakke van gelukkigheid, gegrond op die bevolking se gemiddelde beoordeling van hulle lewensgehalte van 2022 tot 2024. Denemarke is tweede, gevolg deur Ysland, Swede en Nederland. Suid-Afrika is 95ste op die lys. Navorsers het bevind ‘n geloof in die goedhartigheid van ander mense, sowel as om aktief om te gee en te deel met ander, het ‘n sterk uitwerking op geluk.