Skip to content

Europese boere waarsku teen ‘n verergering in handelsoorlog

# Europese boere het die Europese Unie aangemoedig om onderhandelinge te stel bo vergelding vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefaanslag en waarsku teen ‘n handelsoorlog. Die pan-Europese boeregroep, Copa-Cogeca, het Washington se 20-persent tarief op alle EU-goedere veroordeel en sê dit kan lei tot die ontwrigting van wêreldwye voorsieningskettings, asook prysverhogings. Brussel het teenmaatreëls voorberei, maar die groep, wat blykbaar 22-miljoen boere verteenwoordig, waarku die situasie kan vererger.