Skip to content

Eskom se streekswetenskapfeeste gaan in vier provinsies gehou word

# Die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes se streekfeeste gaan hierdie naweek in Gauteng, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat gehou word. Leerders gaan die kans kry om te kompeteer met hul vernuwende idees, wetenskaplike navorsing en vaardighede met probleemoplossing. Terselfdertyd sal jong wetenskaplikes ‘n kans staan om ‘n verskeidenheid gesogte toekennings te wen. Dit sluit in die prys vir die beste projek deur ‘n vroulike deelnemer, beste vernuwende projek en die beste energieprojek.