# Eskom het ‘n Memorandum van Verstandhouding met Korea Plant Service and Engineering onderteken om navorsing, tegniese konsultasie en innovering te verbeter. Die vennootskap sal fokus op ses sleutelgebiede, insluitend die bestuur van noodsaaklike onderdele, digitalisering, energie-oorgang en vaardigheidsontwikkeling. Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê die samewerking ondersteun langtermyn volhoubaarheid en operasionele herstel. Die uitvoerende hoof van KEPCO KPS, Jungnam Lee, hoop die vennootskap sal verouderende kragsentrales se uitsette verbeter deur middel van wêreldklas tegnologiese samewerking.
Eskom en Korea Plant Service and Engineering teken memorandum om volhoubaarheid te verhoog