# Ella Langley het skoonskip gemaak op die CMA-toekennings in Nashville, Amerika, en ses pryse ingepalm, insluitend vermaaklikheidskunstenaar van die jaar, album van die jaar vir Dandelion, en sangeres van die jaar. Chris Stapleton is sanger van die jaar en Red Clay Strays groep van die jaar. Stephen Wilson Junior is nuweling van die jaar en Willie Nelson het die toekenning vir lewenslange bydrae gewen. Kunstenaars soos Langley, Miranda Lambert, Kacey Musgraves, Taylor Swift en Luke Combs het tydens die sterbelaaide seremonie opgetree.
Ella Langley maak skoonskip in groot kategorieë op CMA-toekennings