# Suid-Afrika se aanvraag vir elektrisiteit het in 2024 aanhou daal as gevolg van die vinnige groei in privaat sonkraginstallasies. ‘n Nuwe verslag deur die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad dui aan dat die spitsaanvraag met een-persent gedaal het na 33,5-gigawatt, terwyl algehele energie-aanvraag met drie-persent gedaal het. Teen September verlede jaar was meer as ses-gigawatt privaat sonkrag geinstalleer wat die afhanklikheid van Eskom verlaag het. Die verslag dui ook aan dat beurtkrag-ure skerp gedaal het, terwyl diesel kragopwekking met 48-persent afgeneem het. Intussen het elektrisiteitstariewe met 190-persent oor die laaste dekade toegeneem wat inflasie en hernubare energiekostes oorskry.
Elektrisiteitaanvraag neem af terwyl sonkraginstallasies toeneem