Skip to content

Ekurhuleni-staatskole aangemoedig om aan Spaar Energie-kunskompetisie deel te neem

# Die Stad Ekurhuleni moedig ontluikende kunstenaars van die staat se gratis laerskole aan om in te skryf vir die Spaar Energie-kunskompetisie. Die kompetisie wil laerskoolleerders in die metro opvoed oor verskeie energiebesparingsmetodes, en om kennis oor energiedoeltreffendheid, -volhoubaarheid en hernubare energie oor te dra. Elke skool wat deelneem moet ʼn plakkaat ontwerp of teken wat hulle begrip van energiedoeltreffendheid en hernubare-energiekonsepte weerspieël. Die eerste prys is 20-duisend-rand, tweede prys is 15-duisend-rand, en derde prys is tien-duisend-rand.