# Egipte word deur ‘n toenemende waterkrisis bedreig weens sy droë klimaat, beperkte waterbronne en snelgroeiende bevolking. Dié land met 114-miljoen mense is hoogs afhanklik van die Nyl as langste rivier ter wêreld vir vars water. Professor Thokozani Majozi van die Universiteit van die Witwatersrand sê die stygende vraag na water in Egipte en van gebruikers stroom-op beteken dat die Nyl nie meer voldoende is nie. Majozi sê ontsouting bied ‘n belowende oplossing wat ‘n bestendige voorraad skoon water kan lewer deur sout en onsuiwerhede uit seewater te verwyder.