Skip to content

Eerste Concorde supersoniese passasiersvliegtuig nou ‘n geskiedkundige monument

# Die eerste Concorde supersoniese passasiersvliegtuig is in ’n geskiedkundige gedenkteken omskep. Die eerste van 20 vliegtuie wat gebou is, Concorde 001, wat in 1969 sy eerste toetsvlug onderneem het, word nou gehuisves in die Aeroscopia-museum buite Toulouse in Frankryk. Die Concorde is in 1976 kommersieel in diens geneem en het reisigers in net meer as drie uur vanaf Londen of Parys na die ooskus van Amerika vervoer. Die diens is in Oktober 2003 gestaak, drie jaar ná ’n ongeluk buite Parys waarin 113 mense gesterf het.