Skip to content

Echoes of Ubuntu: Rhythm of African Unity- produksie gaan TUT se Breytenbachteater laat weergalm

# Die Tshwane-universiteit vir Tegnologie se Breytenbach-teater gaan later die maand weergalm met ‘n opvoering van Echoes of Ubuntu- Rhythm of African Unity. Dit is ‘n lewenskragtige multidissiplinêre produksie wat tradisionele danse, musiek en drama vermeng om die ryk kulturele uitdrukking van amaZulu, amaXhosa, amaNdebele, Maswati, Vatsonga, Basotho, Batswana, Bapedi en Vhavenda te verken. Die universiteit sê die produksie is ‘n soomlose mengsel van eeu-oue tradisies met eietydse teaterdrama. Dit word van die 18de tot die 21ste van die maand opgevoer.