# Duisende ongedokumenteerde Malawiese burgers het nog ‘n nag by die Musina-skougronde naby die Beitbrug-grenspos in Limpopo deurgebring, nadat hulle gister buite die kantoor van Binnelandse Sake in rye gestaan het. Die groep, wat Maandag per bus van Durban en Pietermaritzburg vervoer is, soek dokumente om deur die Beitbrug-grenspos te gaan. Teen gistermiddag is slegs drie-duisend-en-99 Malawiërs en Zimbabwiërs deur die grenspos. Die Musina-kantoor van Binnelandse Sake sê hulle word oorval deur duisende Malawiese burgers wat dokumente soek om hulle toe te laat om huis toe te gaan.
Duisende ongedokumenteerde Malawiese burgers is steeds gestrand in Musina