Skip to content

Duisende mense ontruim weens oorstromings in Kaapse Wynland

# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê al sy streke het skade aangemeld weens die gure weer wat die Wes-Kaap teister. Witzenberg, die Breedevallei, Drakenstein, Langeberg en Stellenbosch word die ergste geraak. Woordvoerder Jo-Anne Otto sê duisende mense moes ontruim word en word in gemeenskap- en kerksale gehuisves, terwyl ander nog deur vloedwater vasgekeer word. ‘n Verkenningsvlug word vandag gedoen om te bepaal waar mense nog gered moet word, en om die volle omvang van die skade te beraam.