# Suid-Afrika se 2025 druiwe-oes vir wyn het uitstekende vruggehalte gelewer danksy matige, droë toestande wat geur, struktuur en suurgehalte verbeter het. Die uitvoerende hoof van die bedryfsliggaam SA Wine, Rico Basson, het ‘n opbrengs van 1,24-miljoen-ton aangeteken vanaf meer as 86-duisend hektaar. Basson sê hierdie oes beklemtoon die veerkragtigheid en toewyding van die land se vervaardigers en wynmakers om Suid-Afrikaanse wyn verder op te hef. Hy het ter viering van Pinotage se eeufees beklemtoon hierdie oesjaar versterk Suid-Afrika se wêreldwye wynstatus te midde van stygende aanvraag na volhoubare gehalte-wyn.
Druiwe-oes vir wyn lewer uitsonderlike gehalte in 2025