Skip to content

Drie Kameroense burgers in Pretoria in hegtenis geneem oor vervalste geld [KLANK]

# Drie Kameroense burgers het in die Landdroshof in Pretoria verskyn vir die bestuur van ‘n sindikaat wat na bewering geld vervals. Die saak is tot 10 Julie uitgestel vir ‘n borgtogverhoor. Die drie is in Elarduspark in hegtenis geneem nadat die polisie hulle vasgetrek het terwyl hulle vals Suid-Afrikaanse note en Amerikaanse dollars druk. Die Nasionale Vervolgingsgesag-streekswoordvoerder, Lumka Mahanjana, sê daar is ook ‘n aanklag van omkopery teen een van die beskuldigdes, omdat hy na bewering die polisie twee-duisend-rand aangebied het om hom nie in hegtenis te neem nie:

 

ENG MahanjanaOnCameroonians