# Distance For Difference vier sy 20ste jaar van verandering in die lewe van kinders en het al 13-miljoen-rand vir 60 liefdadigheidsorganisasies in Suid-Afrika ingesamel. Om die geleentheid te vier, bied die organisasie sonder winsbejag in September en Oktober twee opwindende geleenthede in die Boland aan. Die eerste is die GRATITUDE-wedloop op Erfenisdag, 24 September, by Dornier-wyne in Stellenbosch. In Oktober word die legendariese THE500-uitdaging in Somerset-Wes gehou waar fietsryers gaan probeer om binne 24-uur 500-kilometer af te lê.
‘Distance For Difference’ vier 20 jaar van verandering in lewens