Skip to content

Disney se Lilo and Stitch steeds ‘n gunsteling by die loket

# Disney se Lilo and Stitch met Maia Kealoha en Hanna Waddingham in die hoofrolle is vir die derde agtereenvolgende naweek bo aan die lokettrefferlys. In die tweede plek is Lionsgate se Ballerina, ‘n rolprent van John Wick met Ana de Armas in die hoofrol as ‘n danser wat ‘n kontrakmoordenaar word. Mission: Impossible The Final Reckoning, die laaste rolprent in die uiters gewilde Tom Cruise spioenasieriller reeks, is derde. Sony se Karate Kid: Legends en New Line se Final Destination: Bloodlines, is onderskeidelik vierde en vyfde.