# Disney het planne aangekondig om sy eerste temapark in die Midde-Ooste op te rig. Die oord, wat op die Yas-eiland in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate sal wees, is ‘n samewerking tussen Disney en die plaaslike ontspannings- en vermaaklikheidsondernemimg, Miral. Disney het reeds ses temaparke in Noord-Amerika, Europa en Asië. Disney se uitvoerende hoof, Robert Iger, het die planne vir die nuwe park as ‘n “opwindende” oomblik vir die onderneming beskryf en sê Disneyland Abu Dhabi sal “outentiek Disney en onteenseglik Emiraties” wees.
Disney bou temapark in Midde-Ooste