# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, UNISA en die Universiteit van KwaZulu-Natal, het die rol van finansiële insluiting in die vermindering van armoede, billike groei en maatskaplike stabiliteit beklemtoon. Die partye het vandag tydens ‘n G20 Town Hall-uitreik in Durban beklemtoon finansiële insluiting skep toegang vir ekonomiese ontwikkeling om grondvlak-ekonomieë te bevoordeel. Die vergadering volg ná voriges in Pretoria, Mbombela en Kaapstad, en versterk Suid-Afrika se G20-presidentskapsprioriteite en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte.
DIRCO, UNISA, UKZN beklemtoon finansiële insluiting in G20 Town Hall